Brielle
Brielle is 'n stad en voormalige munisipaliteit in Nederland. Dit is in die provinsie Zuid-Holland op die eiland Voorne-Putten geleë. Die stad het sowat 13 900 inwoners en 'n oppervlak van sowat 11 km². Naas die stad Brielle self het die voormalige munisipaliteit ook die dorpe Vierpolders en Zwartewaal bevat. Die voormalige munisipaliteit was deel van die Stadsregio Rotterdam en later van die Metropoolregio Rotterdam-Den Haag gewees. Op 1 Januarie 2023 is hierdie munisipaliteit opgegaan in die nuwe munisipaliteit Voorne aan Zee.
Read article
Nearby Places

Voorne aan Zee