Map Graph

Delos

eiland in Griekeland

Die eiland Delos, is effens afgeleë in die midde van die byna sirkelvormige kring van eilande, die Kuklade, naby Mykonos, en is een van die belangrikste mitologiese, historiese en argeologiese terreine in Griekeland. Die uitgrawings van die eiland is van die omvattendstes in die Middellandse See-gebied. Die werk vind plaas onder leiding van die Franse Skool in Athene en baie van die artefakte wat gevind is, word uitgestal by die Argeologiese Museum van Delos en die Nasionale Argeologiese Museum van Athene. Delos is in 1990 deur UNESCO tot wêrelderfenisgebied verklaar.

Read article
Lêer:Conquête_Duché_Naxos.pngLêer:Carl_Anton_Joseph_Rottmann_001.jpg