Dunedin
Dunedin is die tweede grootste stad op Nieu-Seeland se Suideiland en die belangrikste nedersetting in die administratiewe distrik Otago. Ten opsigte van sy bevolking is Dunedin die vyfde grootste stad in die eilandstaat, die grootste volgens sy oppervlakte, en die sentrum van die sesde grootste stedelike gebied in Nieu-Seeland. Dit is daarnaas ook die wêreld se suidelikste stad met 'n bevolking van meer as 100 000.
Read article
