Koraalsee
Die Koraalsee is 'n see aan die rand van die noordoostelike kus van Australië. Dit word begrens in die weste deur die ooskus van Queensland en sluit daarmee saam die Groot Koraalrif in, in die ooste deur Vanuatu en Nieu-Kaledonië en die noorde deur die suidelikste deel van Papoea-Nieu-Guinee en die Salomonseilande. Die Koraalsee grens aan die Salomonssee in die noorde en die Tasmansee in die suide. Die Koraalsee word deur die Torres-straat met die Arafurasee in die noordweste verbind. Die see het 'n oppervlakte van sowat 4 791 000 km².
Read article