Map Graph

Mbabane

Mbabane is die hoofstad en grootste stad van Eswatini, 'n klein land in Suider-Afrika. Die stad het in 2010 'n bevolking van 94 874 gehad met 'n oppervlakte van 150 km². Dit is in 1902 gestig. Mbabane is aan die Mbabanerivier in die Hhohho-streek geleë, waarvan dit ook die hoofstad is. Die gemiddelde hoogte van die stad is 1 243 meter en is geleë op die MR3-pad.

Read article
Lêer:Mbabane.jpgLêer:Eswatini_adm_location_map.svg