Nineve
Mesopotamiese stadNineve is ’n antieke Mesopotamiese stad aan die oosteroewer van die Tigrisrivier; dit was die hoofstad van die Nieu-Assiriese Ryk en ’n belangrike kruispunt van handelsroetes op die Tigris. Dit het veral tydens die bewind van koning Assurnasirpal II begin floreer. Die stad het tussen 100 000 en 150 000 inwoners gehad. In sy mure was 15 poorte en ’n uitgebreide stelsel van 18 kanale het water uit die heuwels na Nineve vervoer.
Read article