'n Kewer is 'n insek in die Coleoptera orde, en omvat 40% van alle insekte. Sowat 300 000 spesies is reeds beskryf, maar die totale aantal word op 1 miljoen geskat. Van die Suid-Afrikaanse spesies is ongeveer 50 000 reeds beskryf. Kakkerlakke word soms verkeerdelik as kewers beskou.