Xcode is ’n Geïntegreerde Ontwikkelingsomgewing (GOO) wat ’n reeks programmatuurontwikkelingsinstrumente bevat wat deur Apple Inc. geskep is om sagteware vir OS X en iOS te ontwikkel. Dit is vir die eerste keer in 2003 vrygestel en die nuutste stabiele vrystelling is weergawe 5.0 wat gratis beskikbaar is via die Mac-toepwinkel vir gebruikers van Mac OS X Lion en Mac OS X Mountain Lion. Geregistreerde ontwikkelaars kan die voorskouweergawe asook vorige weergawes van die reeks aflaai deur die Apple Developer-webblad.