From Wikipedia, the free encyclopedia
Geordin Hill-Lewis (gebore 31 Desember 1986) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat as burgemeester van die Stad Kaapstad verkies is op 18 November 2021. Hy dien ook sedert November 2023 as die adjunkleier van die Demokratiese Alliansie in die Wes-Kaap. Hill-Lewis was vanaf 2011 tot 2021 'n DA-lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika. Hy het as Adjunk-Skaduminister van Staatsdiens en Administrasie, Skadu-Adjunkminister van Handel en Nywerheid, Skaduminister van Handel en Nywerheid en laastens as Skaduminister van Finansies in die DA-skadukabinet gedien.
Geordin Hill-Lewis | |
Hill-Lewis in 2023 | |
Burgemeester van die Stad Kaapstad | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 18 November 2021 | |
Vise | Eddie Andrews |
---|---|
Voorafgegaan deur | Dan Plato |
Adjunkleier van die Demokratiese Alliansie in die Wes-Kaap | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 11 November 2023 | |
Leier | Tertuis Simmers |
Voorafgegaan deur | JP Smith |
Lid van die Kaapse Stadsraad | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 9 November 2021 | |
Skaduminister van Finansies | |
Ampstermyn 5 Junie 2019 – 9 November 2021 | |
Leier | Mmusi Maimane John Steenhuisen |
Voorafgegaan deur | David Maynier |
Opgevolg deur | Dion George |
Skaduminister van Handel en Nywerheid | |
Ampstermyn 5 Junie 2014 – 1 Junie 2017 | |
Leier | Mmusi Maimane |
Voorafgegaan deur | Wilmot James |
Opgevolg deur | Dean Macpherson |
Lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika | |
Ampstermyn 19 Augustus 2011 – 9 November 2021 | |
Voorafgegaan deur | Willem Doman |
Opgevolg deur | Christopher Mario Fry |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Geordin Gwyn Hill-Lewis 31 Desember 1986 Plettenbergbaai, Kaapprovinsie, Suid-Afrika |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Politieke party | Demokratiese Alliansie (2004–hede) |
Eggenoot/-note | Carla |
Kind(ers) | 1 |
Alma mater | Universiteit van Kaapstad Universiteit van Londen |
Hill-Lewis is in 1986 in Plettenbergbaai gebore. Sy gesin het na Kaapstad verhuis toe hy 'n jong seun was.[1] Hy is deur 'n enkel ma grootgemaak wat as 'n verpleegster gewerk het.[2] Hy het aan Hoërskool Edgemead gematrikuleer en daarna by die Universiteit van Kaapstad gestudeer waarvan hy gegradueer het met 'n honneursgraad in politiek, filosofie en ekonomie. Hy het later 'n meestersgraad in ekonomiese beleid aan die Universiteit van London behaal.[3]
Hill-Lewis het tydens sy hoërskooljare polities aktief geraak. Tydens sy studentejare by die Universiteit van Kaapstad het hy die Demokratiese Alliansie Studente-organisasie (DASO) gestig. Hy het later as die as personeelhoof in die kantoor van voormalige Wes-Kaapse premier Helen Zille gewerk.
In Augustus 2011 is Hill-Lewis gekies om Willem Doman se setel in die Nasionale Vergadering te vul.[4] Hy was net vier-en-twintig jaar en sewe maande oud toe hy die amp aanvaar het; hy het dus die jongste LP in die 4de Parlement (2009–2014) geraak.[5] Hy is daarna deur die DA parlementêre leier Athol Trollip as adjunk-skaduminister van staatsdiens en administrasie aangewys.[6]
In Februarie 2012 het nuutverkose DA parlementêre leier Lindiwe Mazibuko as skadu-adjunkminister van handel en nywerheid aangewys.[7] Na die 2014-verkiesing is Hill-Lewis deur Mmusi Maimane bevorder tot skaduminister van handel en nywerheid.[8] Hy is in Junie 2017 as die personeelhoof in Maimane se kantoor aangestel.[9]
Hill-Lewis is na die 2019-verkiesing as skaduminister van finansies aangewys.[10] In Desember 2020 is hy deur nuutverkose DA John Steenhuisen in die amp heraangewys.[11] Hill-Lewis het op 9 November 2021 uit die Nasionale Vergadering bedank ter voorbereiding van sy skuif na die Kaapse stadsraad.[12]
Op 18 Augustus 2023 het DA leier John Steenhuisen vir Hill-Lewis as die DA se burgemeesterskandidaat vir die Stad Kaapstad vir die plaaslike verkiesing op 1 November 2021 aangekondig.[13][14] Die DA het hul meerderheid op die Kaapse Stadsraad in die verkiesing behou en hy is op 18 November 2021 deur die stadsraad as burgemeester verkies.[15]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.