Roemenië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Roemenië (Roemeens: România, [romɨˈni.a], luister (hulp·inligting)) is 'n land in Sentraal- en Suidoos-Europa. Dit beslaan 'n oppervlakte van 238 397 km² en het 'n bevolking van 19 401 658 in 2019 gehad. Roemenië grens in die noordweste aan Hongarye, in die noordooste aan Moldowa, in die noorde aan Oekraïne, in die ooste aan die Swartsee, in die suide aan Bulgarye en in die suidweste aan Serwië. Die Romaanstalige Roemenië is omring deur Slawiestalige lande. Die hoofstad en grootste stad is Boekarest. Roemenië is ryk aan kultuur en natuurskoon. Die Donaurivier vloei in die Swartsee en vorm die Donaudelta, 'n Unesco-wêrelderfenisgebied weens sy biodiversiteit. Die Karpateberge oorheers die sentrum van die land.
| |||||
Volkslied: Deșteaptă-te, române! (Roemeens vir: "Waak op, Roemeniërs!") | |||||
Hoofstad | Boekarest | ||||
Grootste stad | Boekarest | ||||
Amptelike tale | Roemeens | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek Klaus Iohannis Marcel Ciolacu | ||||
Onafhanklikheid Vorming • Prinsdom Walachye • Prinsdom Moldowa • Prinsdom Transsilvanië • Verenigde Prinsdome • Onafhanklikheid van die Ottomaanse Ryk • Koninkryk Roemenië • Groot Unie • Militêre diktatuur • Volksrepubliek Roemenië • Sosialistiese grondwet • Roemeense Rewolusie • Huidige grondwet |
1330 1346 1570 24 Januarie 1859 9 Mei 1877/1878 14 Maart 1881 1918/1921 1941 30 Desember 1947 21 Augustus 1965 16–27 Desember 1989[1][2][3] 8 Desember 1991 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
238 397 km2 (81ste) 92 046 myl2 3 | ||||
Bevolking - 2021-skatting - 2021-sensus - Digtheid |
19 186 201[4][5] (61ste) 19 053 815[6] 79,9 / km2 (136ste) 206,9 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,821[8] (53ste) – baie hoog | ||||
Gini (2022) | 32,0[9] – medium | ||||
Geldeenheid | Leu (RON ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
OET (UTC+2) OEST (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | .ro | ||||
Skakelkode | +40 |
Die amptelike taal is Roemeens, 'n Romaanse taal. Die etniese samestelling van Roemenië is soos volg: 89% is Roemeens, 7% Hongaars, 3,5% Roma en die res bestaan uit 'n klein aantal Duitsers, Russe, Turke en Jode. 81% van die bevolking behoort aan die Roemeens-Ortodokse Kerk.
Roemenië het op 29 Maart 2004 'n lidland van die NAVO en op 1 Januarie 2007 'n lidland van die Europese Unie geword.
Roemenië beklee die 52ste plek in die menslike-ontwikkelingsindeks, en is 'n ontwikkelende land met 'n hoë-inkomste-ekonomie. Dit het die 44ste grootste ekonomie ter wêreld volgens nominale BBP, met 'n jaarlikse ekonomiese groeikoers van 3,5% in 2020.