Adenosientrifosfaat
From Wikipedia, the free encyclopedia
Adenosientrifosfaat (afgekort ATP, van die Engelse naam adenosine triphosphate) is 'n organiese verbinding en hidrotroop[Nota 1] wat energie verskaf om baie prosesse in lewende selle aan te dryf, soos spiersametrekking, senuwee-impulsvoortplanting, en chemiese sintese. Dit word in alle bekende lewensvorme gevind en word dikwels na verwys as die "molekulêre geldeenheid" van intrasellulêre energie-oordrag.[2] Wanneer dit in metaboliese prosesse verbruik word, word dit óf na adenosiendifosfaat (ADP) óf na adenosienmonofosfaat (AMP) omgeskakel. Ander prosesse regenereer ATP sodat die menslike liggaam elke dag sy eie liggaamsgewig-ekwivalent in ATP herwin.[3] Dit is ook 'n voorloper van DNS en RNS, en word as 'n koënsiem gebruik.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Adenosientrifosfaat |
IUSTC-naam | O1-{[(2R,3S,4R,5R)-5-(6-Amieno-9H-purien-9-iel)-3,4-dihidroksioksolaan-2-iel]metiel}tetrawaterstoftrifosfaat |
Sistematiese naam | Adenosien-5′-(tetrawaterstoftrifosfaat) |
Chemiese formule | C10H16N5O13P3 |
Molêre massa | 507,18 g•mol-1 |
CAS-nommer | 56-65-5 |
Voorkoms | Kleurlose soute[1] |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | |
Kookpunt | |
Digtheid | 1,04 g•cm-3 |
Oplosbaarheid | |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | 6.5 |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Uit die perspektief van biochemie word ATP as 'n nukleosiedtrifosfaat[Nota 2] geklassifiseer, wat aandui dat dit uit drie komponente bestaan: 'n stikstofbasis (adenien), die riboos-suiker en die trifosfaat.