Alias die Grote
From Wikipedia, the free encyclopedia
Alias (Grieks: Αἴας, Aíās, Engels: Ajax) is in die Griekse mitologie ’n held en die seun van koning Telamon en Periboia.[1] Hy speel ’n belangrike rol in die Ilias en word deur Homeros en in die Epiese Siklus as ’n dapper man uitgebeeld wat bo ander uittroon. Hy is ook bekend as Alias die Grote om hom te onderskei van Alias, die seun van Oileus.