Alpha Librae
From Wikipedia, the free encyclopedia
Alpha Librae (α Librae, afgekort as Alpha Lib of α Lib) is ’n dubbelster en ondanks die "alpha" in sy naam die tweede helderste ster in die sterrebeeld Weegskaal (Libra). Die twee komponente word α¹ Librae en α² Librae genoem. Die stelsel se tradisionele naam is Zubenelgenubi, hoewel die Internasionale Astronomiese Unie dié naam net vir α² Librae gebruik.[11]
Kitsfeite
Alpha Librae
| ||||
Die ligging van Alpha Librae (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Weegskaal | |||
Spektraaltipe | F3 V / kA2hA5mA4 IV-V[1] | |||
Soort | Dubbelster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 14h 50m 41.18097s / 14h 50m 52.71309s[2] | |||
Deklinasie | -15° 59′ 50.0482″ / -16° 02′ 30.3955″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 5,153 / 2,741[3] | |||
B-V-kleurindeks | +0,39 / +0,15[4] | |||
U-B-kleurindeks | -0,02 / +0,10[4] | |||
Wentelperiode | 70,34 dae | |||
Besonderhede | ||||
Komponent 1 | α1 Lib | |||
Massa (M☉) | 1,97 + 1,60[5] | |||
Temperatuur (K) | 6 653[6] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 5,95[7] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,07[6] | |||
Komponent 2 | α2 Lib | |||
Massa (M☉) | 1,4-1,5/0,5-0,6[8] | |||
Temperatuur (K) | 8 128[1] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,24[1] | |||
Eienskappe | ||||
Afstand (ligjaar) | 77 | |||
Ouderdom (jaar) | Sowat 200 miljoen | |||
Veelvoudigheid | 4 of 5 sterre | |||
Ander name | ||||
Kiffa Australis, Lanx australis, Zubenelgenubi α1 Lib: 8 Librae, BD-15 3965, FK5 1387, HD 130819, HIP 72603, HR 5530, SAO 158836[9] α2 Lib: 9 Librae, BD-15 3966, FK5 548, HD 130841, HIP 72622, HR 5531, SAO 158840[10] | ||||
|
Sluit
Die komponent α² Librae is 0,33 grade van die sonnebaan af en kan dus maklik deur die Maan en soms deur die planete verduister word. Die volgende verduistering deur ’n planeet is op 10 November 2052 deur Mercurius.[12]