Anna van Pole
From Wikipedia, the free encyclopedia
Anna van Pole, dikwels ook Anna Jagiellonica (Pools Anna Jagiellonka, Litaus Ona Jogailaitė) genoem; * 18 Oktober 1523 in Krakow; † 9 September 1596 in Warskou; was 'n Pools-Litause prinses uit die huis Jagiello en die dogter van koning Sigismund I.
Kitsfeite Vorstehuis, Titels ...
Anna van Pole | |
---|---|
Koning van Pole en Grootvors van Litaue | |
Anna van Pole in haar bekroningsornaat | |
Vorstehuis | Jagiello |
Titels | Anna, koning van Pole deur God se genade, Grootvors van Litaue |
Regeer | 15 Desember 1575 - 1586 |
Kroning | 1 Mei 1576 in Warskou |
Voorganger | Hendrik van Valois Interrex (1574-1575) |
Opvolger | Interrex (1586-1587) Sigismund III Wasa |
Volle naam | Anna Jagiellonka |
Gebore | 18 Oktober 1523; Krakow, Pole |
Oorlede | 9 September 1596; Warskou, Pole |
Begrawe | Wawel-katedraal, Krakow |
Eggenoot | Stefanus Báthory |
Vader | Sigismund I van Pole |
Moeder | Bona Sforza |
Handtekening |
Sluit
Anna, die laaste lid van die Huis Jagiello, is saam met haar destydse verloofde Stefanus Báthory as mede-heerser in die tweede verkiesing van die Pools-Litause Gemenebes verkies. Sy het formeel vanaf 1575 tot met haar afsterwe as verkose staatshoof van Pole-Litaue ("koning" van Pole en grootvors van Litaue) geregeer.