Antjie Krog
Suid-Afrikaanse skrywer / From Wikipedia, the free encyclopedia
Antjie Krog (getroude van Samuel) (*23 Oktober 1952, Kroonstad -) is 'n prominente Suid-Afrikaanse digteres, akademikus en skryfster. Sy publiseer meeste van haar werke onder haar nooiensvan, Krog.
Kitsfeite Gebore, Nasionaliteit ...
Antjie Krog | |
---|---|
Gebore | Anna Elizabeth Krog 23 Oktober 1952 (1952-10-23) (71 jaar oud) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skryfster, joernalis |
Eggenoot | John Samuel |
Kinders | Andries, Susan, Philip en Willem |
Sluit
In 1970, op die hoogtepunt van die apartheidsjare van John Vorster, het sy hierdie moedige en idealistiese woorde vir haar skoolkoerant geskryf, wat haar konserwatiewe Afrikaanse gemeenskap geskok het en die aandag van die nasionale media getrek het:[1]
- Gee vir my 'n land waar swart en wit hand aan hand
vrede en liefde kan bring in my mooi land.
- Give me a land where black and white hand in hand
Can bring peace and love to my beautiful land.