Anton Goosen
Suid-Afrikaanse musikant / From Wikipedia, the free encyclopedia
Anton Goosen (gebore 5 Maart 1946) is 'n Suid-Afrikaanse musikant. Goosen het meer suksesvolle liedjies (treffers) agter sy naam as enige ander Suid-Afrikaanse sanger. Sy treffers sluit in Silver de Lange, Boy van die suburbs, Byeboerwa en 'n Brief vir Simone. In 1979 het Anton die temamusiek vir die rolprent Pretoria O Pretoria! geskryf wat die oorspronklike weergawe van Kruidjie-roer-my-nie was, en sy eerste kommersieel suksesvolle opname was. Die eerste weergawe van Kruidjie-roer-my-nie is drie dae na die uitreiking daarvan verban.
Kitsfeite Ook bekend as, Gebore ...
Anton Goosen | |
---|---|
Ook bekend as | Liedjieboer |
Gebore | 5 Maart 1946 (1946-03-05) (77 jaar oud) |
Genres | Afrikaans |
Beroep(e) | Sanger, liedjieskrywer |
Instrumente | Kitaar, stem |
Jare aktief | 1979 - nou |
Webwerf | antongoosen.co.za |
Sluit