Arabiese Afrikaans
Variant van Arabiese skrif wat gebruik word om Afrikaans te skryf / From Wikipedia, the free encyclopedia
Arabiese Afrikaans (اَرابيسي اَفريكانس) verwys na die genre van ou Kaaps-Maleisiese geskrifte in Afrikaans, maar geskryf in die Arabiese alfabet.[1] Elders in die wêreld staan die genre bekend as "ajami", wat dui daarop dat die Arabiese skrif vir 'n Arabies-volksvreemde taal gebruik is. Arabiese skrif word byvoorbeeld vir Persies (Farsi) en Swahili gebruik.