Azanië
streek van Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Azanië is 'n volksnaam vir Suid-Afrika wat veral deur swart nasionaliste gebruik word. Dit was ook een van die voorstelle vir 'n nuwe naam vir die land ná die veelrassige verkiesing van 1994.
Dit wil voorkom asof die woord se oorsprong Arabies is (zanj is Arabies vir "swart" en Azanië beteken dus "land van die swartes").[1]
Verder is die naam Azanië (Antieke Grieks: Ἀζανία, Azania) vir verskeie dele van tropiese Suidoos-Afrika gebruik. In die Romeinse tyd, en miskien vroeër, het die toponiem verwys na 'n gedeelte van die Suidoos-Afrikaanse kus wat strek van Noord-Kenia tot die grens tussen Mosambiek en Suid-Afrika. Azanië is meestal bewoon deur Suid-Koesjitiese volke, wat die gebied sou oorheers tot met die groot Bantoemigrasie.