Bethulie

From Wikipedia, the free encyclopedia

Bethuliemap
Remove ads

Bethulie is 'n dorp in die suide van die Suid-Afrikaanse provinsie Vrystaat, 180 km suid van Bloemfontein, met 2 100 inwoners (2011-sensus), van wie 514 (24,5%) wit was.[2]

Kitsfeite Land, Provinsie ...
Thumb
Bethulie se NG kerkgebou in 2012.
Thumb
Bethulie se Gereformeerde kerkgebou, ontwerp deur die argitek Gerard Moerdijk. Die hoeksteen is gelê op 16 Februarie 1924.
Thumb
Bethulie in die laatrepublikeinse tydperk, omstreeks 1895.
Thumb
Die Hoërskool Pellissier op Bethulie is so genoem ter ere van die Franse sendeling Jean Pellissier.

Alhoewel Bethulie nie langs een van die provinsiale hoofpaaie lê nie, dien die dorp nogtans as 'n landbou- en spoorwegsentrum. Die naam, wat letterlik "deur God uitverkies" beteken, gaan terug op die direkteure van die plaaslike sendingstasie, wat as die bakermat van die dorp gedien het. Die sendingstasie se hoofgebou, Pellisierhuis, die voormalige tuiste van die Franse sendeling eerw. Jean Pellissier, dateer van 1843 en word as die oudste gebou noord van die Oranjerivier beskou.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is van die grootste Britse konsentrasiekampe in Bethulie opgerig. Bethulie is ook die geboorteplek van die Suid-Afrikaanse akteur Patrick Mynhardt, ook bekend as die Boytjie van Bethulie.

Thumb
D.H. Steynbrug naby Bethulie
Remove ads

Besienswaardighede

  • Die Pellisierhuismuseum is op 20 Julie 1979 geopen en behandel die geskiedenis van Bethulie en sy omgewing. Die huis vertoon ook 'n versameling van 19de-eeuse huis- en landbougereedskap en oorblyfsels van die Vryheidsoorlog.
  • Die D.H. Steynbrug naby Bethulie oorspan die Oranjerivier en is met 2 993 meter die langste in Suid-Afrika.
  • Die belangrikste toeristebestemmings in die omgewing is Bethuliedam met uitstekende watersportgeriewe en die Mynhardtwildtuin.
Remove ads

Sien ook

Nota: Afstande per pad gemeet[3]

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads