Bittereinder (musiekgroep)
Suid-Afrikaanse kletrym/hiphopgroep / From Wikipedia, the free encyclopedia
Bittereinder is 'n Suid-Afrikaanse kletsrym- /hiphop groep wat in 2009 ontstaan het.[2][3][4] Die groep bestaan uit Peach van Pletzen, Louis Minnaar en Jaco van der Merwe. Hulle musiek word deur 'n prominente tromritme gekenmerk, wat in meeste van hul musiek, met die uitsondering van enkele snitte gehoor kan word. Die naam Bittereinder is van die Bittereinders ontleen, wat 'n faksie van die Boere-guerrillavegters was wat in die latere stadiums van die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902) teen die magte van die Britse Ryk geveg het.
Bittereinder | |
---|---|
Bittereinder by Louis Minnaar | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Pretoria (Suid-Afrika) |
Genres | Kletsrym Hip-Hop |
Jare aktief | 2009 - 2023[1] |
Etikette | Rhythm Records |
Webwerf | http://www.bittereinder.com |
Lede | Peach van Pletzen Louis Minnaar Jaco Van Der Merwe |
Hulle het al by groot Suid-Afrikaanse musiekfeeste soos Oppikoppi opgetree,[5] en oor Suider-Afrika en Nederland getoer.[6][7] Hulle is bekend vir hul hoë-energie vertonings.[8]
In Mei 2017, het Van Der Merwe aangekondig dat Bittereinder besig was om op hulle vyfde album werk.[7]
Bittereinder se vyfde album, getiteld Volksvreemde Vertalings is op 9 September 2022 vrygestel en neem 'n algehele baie rustiger, meer introspektiewe styl aan as hul vorige albums.