Buffel (voertuig)
Suid-Afrikaanse infanteriemobiliteitsvoertuig / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Buffel (Engels: Buffalo) is ‘n infanteriemobiliteitsvoertuig wat deur die Suid-Afrikaanse Weermag tydens die Suid-Afrikaanse Grensoorlog gebruik is. Die Buffel is ook as 'n gepantserde gevegsvoertuig gebruik en het homself in hierdie rol bewys. Dit het die ouer Bedford RL-gebaseerde Hippo gepantserde troepedraer vervang en is self vervang deur die Mamba vanaf 1995 in Suid-Afrika,[1] maar bly elders in gebruik, veral deur Sri Lanka.