Cannes-rolprentfees 1985
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 38ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 8-20 Mei 1985 gehou. Die Tsjeggiese akteur, regisseur en draaiboekskrywer Miloš Forman was die voorsitter van die jurie. Altesaam 41 rolprente en kortfilms het om pryse meegeding.
Kitsfeite
Cannes-rolprentfees 1985
| ||
Datum | 8-20 Mei 1985 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Getal prente | 20 (In Kompetisie) 17 (Un Certain Regard) 4 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Witness | |
Afsluitingsfliek | The Emerald Forest | |
Palme d'Or | When Father Was Away on Business |
Sluit
Die Joego-Slawiese rolprent When Father Was Away on Business (Otac na sluzbenom putu) van die regisseur Emir Kusturica het die Palme d'Or gewen.[1][2] Die fees is geopen met Peter Weir se Witness en afgesluit met The Emerald Forest van John Boorman.[3][4][5] Op die fees is eer betoon aan die Amerikaanse akteur James Stewart en is ’n gerestoureerde weergawe van sy 1954-rolprent The Glenn Miller Story van die regisseur Anthony Mann vertoon.[6]