Cannes-rolprentfees 1992
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 45ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 7-18 Mei 1992 gehou. Die Franse akteur en vervaardiger Gérard Depardieu was die voorsitter van die jurie. Altesaam 53 rolprente en kortfilms het om pryse meegeding.
Kitsfeite
Cannes-rolprentfees 1992
| ||
Datum | 7-18 Mei 1992 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Getal prente | 21 (In Kompetisie) 20 (Un Certain Regard) 12 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Basic Instinct | |
Afsluitingsfliek | Far and Away | |
Palme d'Or | The Best Intentions |
Sluit
Die Sweedse rolprent The Best Intentions (Den goda viljan) van die regisseur Bille August het die Palme d'Or gewen.[1][2] Die fees is geopen met Paul Verhoeven se Basic Instinct en afgesluit met Far and Away van Ron Howard.[3][4][5]