Cannes-rolprentfees 2011
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 64ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 11-22 Mei 2011 gehou.[1] Die Amerikaanse akteur Robert de Niro was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie.[2][3] Die Franse aktrise, sangeres en regisseur Mélanie Laurent het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied.[4] Altesaam 50 rolprente en kortfilms is vertoon.
Kitsfeite
Cannes-rolprentfees 2011
| ||
Datum | 11-22 Mei 2011 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Aanbieder | Mélanie Laurent | |
Getal prente | 20 (In Kompetisie) 21 (Un Certain Regard) 9 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Midnight in Paris | |
Afsluitingsfliek | The Beloved | |
Palme d'Or | The Tree of Life |
Sluit
Die Amerikaanse rolprent The Tree of Life, met Terrence Malick as regisseur, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Woody Allen se Midnight in Paris[5][6] en afgesluit met The Beloved van Christophe Honoré. Die openingsfliek van die Un Certain Regard-afdeling was Gus van Sant se Restless. Die Italiaanse regisseur Bernardo Bertolucci het ’n ere-Palme d'Or ontvang.[7]