Cobus van der Walt - Wikiwand
For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Cobus van der Walt.

Cobus van der Walt

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Bernardt James
GeboortenaamJacobus Bernardus van der Walt
AliasCobus van der Walt
Geboorte1981
Evander, Suid-Afrika
Beroep(e)Pianis
Genre(s)Instrumentaal, Klasiek Kontemporêre Musiek
Instrument(e)Klavier
Webwerfwww.bernardtjames.com
Portal.svg Musiekportaal

Bernardt James (Jacobus Bernardus van der Walt), gebore 2 Junie 1981 in Evander, Suid-Afrika, is die tweede kind van Johan en Amanda van der Walt.[1]

Op 'n vroeë ouderdom het Bernardt James uitsonderlike musikale vermoë openbaar en die klavier as sy kreatiewe medium gekies. Onder die leiding van sy musiekonderwyseres, Marietjie Steyn (Hoërskool Volksrust) het Bernardt help vinnig musikaal ontwikkel en begin om sy eie musiek te skryf. Hy het ook van sy eie komposisies in plaaslike talentkompetisies en ook vir eksamens gebruik.[2][3]

Van 2003 tot 2005 was Bernardt die permanente pianis by die "Palace Of The Lost City" te Sun City. Terwyl hy daar gespeel het, het hy daaglikse uitvoerings by die "Crystal Court" en die welbekende "Villa del Palazzo" gelewer. Meer onlangs tree Bernardt in Johannesburg op by plekke soos The Grace Hotel, Michelangelos, Gold Reef City, Sandton Sun, The Hilton en Maximillien (in Sandton).

Bernardt se musiek is beskikbaar op Apple se iTunes met twee albums: A Song To Remember en Music All Around. Hy is ook gelys onder die Top 10 Instrumentale kunstenaars.[4]

23 Oktober 2014 het Bernardt op sy webwerf verduidelik wat elke liedjie op sy albums : "A song to remember" en "Music all around" beteken. Die album "A song to remember" was opgedra aan sy Ouma (Maria Janse van Rensburg) wat oorlede is einde 2012.[5]

Bernardt stel sy nuwe album " Risurrezione" bekend op iTunes met kunswerk deur Lionah Chimara.

Invloedryke kunstenaars in Bernardt se musiek

Diskografie


A song to remember (2013)

A song to remember album
A song to remember album


Music all around (2014)

Music all around album
Music all around album


Risurrezione (2015)

Risurrezione album
Risurrezione album


Verwysings

Eksterne skakels

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Cobus van der Walt
Listen to this article