Detlev Weiss
From Wikipedia, the free encyclopedia
Prof. dr. Paul Friedrich Detlev Weiss (Standerton, 22 Oktober 1907 – Pretoria, 5 Desember 1999) was ’n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, eerste hoogleraar in Semitiese tale aan die Universiteit van Stellenbosch (1948–1962) en die eerste Suid-Afrikaner aan wie ’n doktorsgraad op dié gebied toegeken is, eerste direkteur van Afrika-studies (1962–1970), voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (1961–1963), voorsitter van die beheerraad van die SAUK (1969–1973) en voorsitter van die Afrikaanse Kultuurraad van Pretoria.