From Wikipedia, the free encyclopedia
Dewald Wasserfall (gebore 11 Oktober 1984; Empangeni, KwaZulu-Natal)[1] is ’n Afrikaanse sanger. Hy was voorheen lid van die rockgroep Wasserfall. Die groep het in 2011 ontbind en Dewald volg sedertdien ’n sololoopbaan.
Dewald Wasserfall | |
---|---|
Gebore | 11 Oktober 1984 Empangeni, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika |
Genres | Rock |
Beroep(e) | Sanger |
Instrumente | Stem, kitaar |
Jare aktief | 2011 – tans |
Etikette | Onafhanklik |
Webwerf | www.dewaldw.co.za |
Sy eerste soloalbum was Vergeet Wat Jy Weet van Liefde, wat in 2012 uitgereik is en platinumstatus behaal het met die treffers “Eendag As Ons Groot Is”, “Sewentien” en “Vergeet Wat Jy Weet van Liefde”. Sy volgende album, Ek en Jy, het goue status behaal en ’n Sama gewen vir beste kontemporêre musiekalbum. Dit het ook vier Ghoema-benoemings en ’n Tempo-benoeming gekry. Sy nuutste album is Jy Is die Storm.
Wasserfall was die mentor van Ivan Roux en Deidré Barnard in die realiteitsmusiekkompetisie Die Kontrak wat op VIA op DStv uitgesaai is. Die Kontrak volg 'n wedloop vir 'n kontrak van ’n miljoen rand wat op die uiteindelike wenner wag. Wasserfall se liedjie "Nuwe Begin" was die program se temalied.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.