From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Heuwels Fantasties is 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep uit Bellville. Hul musiek is elektronies van aard, met subtiele kitaarelemente. Die groep gee hul materiaal onder hul eie etiket, Supra Familias, uit.
Die Heuwels Fantasties | |
---|---|
Die Heuwels Fantasties speel by The Cape Town Festival 2011 | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Bellville (Suid-Afrika) |
Genres | Elektronies, pop |
Jare aktief | 2007 – hede |
Etikette | Supra Familias |
Assosiasies | Fokofpolisiekar, Lukraaketaar, Jack Parow, Francois van Coke, Laudo Liebenberg, Adriaan Brand |
Webwerf | www |
Lede | Hunter Kennedy Pierre Greeff[1] Fred den Hartog |
Gewese lede | Johnny de Ridder Philip Erasmus |
Die groep bestaan uit Hunter Kennedy, Pierre Greeff[1] en Fred den Hartog. Kennedy en Greeff het op die onderskeie ouderdomme van 15 en 16 saam begin om liedjies te skryf. Destyds het Kennedy in die groep New World Inside gespeel terwyl Greeff in Time Spent gespeel het. Later was Kennedy lid van Fokofpolisiekar en Greeff was lid van Lukraaketaar, voordat beide tydens hul breuk van hul hoofgroepe die projek Die Heuwels Fantasties gevorm het.[2]
In 2010 ontvang hulle 'n SAMA-toekenning in die kategorie Beste Alternatiewe Album in Afrikaans vir Die Heuwels Fantasties.[3]
Vroeg in 2014 is Die Heuwels Fantasties se nuutste lid (op daardie stadium) Phillip Erasmus uit die groep uit na hy op sosiale media 'n "ineenstorting" (soos die media daarna verwys het) gehad het en waar hy foto's en statusse met verwysing na geld en gierigheid op Die Heuwels Fantasties se facebook blad geplaas het.
Die ongetitelde debuutalbum bevat bydraes deur Francois van Coke (Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel), Laudo Liebenberg (aKING), Adriaan Brand (Springbok Nude Girls), Neil Basson (Foto na Dans) en Jack Parow. Die album is op 19 Maart 2009 vrygestel en is die derde uitgawe op Hunter en Pierre se uitgewer Supra Familias.
Selfs voor die album se vrystelling het Die Heuwels Fantasties twee enkelsnitte op Last.fm vrygestel, wat duisende luisteraars gelok het. Hierdie snitte het by verskeie kampus radiostasies die nommer een plek bereik en die eerste musiekvideo, Vinger Alleen was vir drie weke nommer een op MK, die Suid-Afrikaanse musiekkanaal.
Die groep se tweede studio album, Wilder as die Wildtuin, is op 11 Maart 2011 vrygestel. Hierdie is die eerste album met Phillip Erasmus op die dromstel.
Daarna is die vollengte albums Alles Wat Mal Is en Ja. Nee. Lekker. in onderskeidelik 2012 en 2014 vrygestel.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.