Die aard van voegwoorde
From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Woord kan gedefinieer word as ’n simplekse of komplekse simboliese eenheid in die taalsisteem wat groter as ’n klank of sillabe (klankgreep) en kleiner as ’n frase is.[1] Hierdie definisie kan in kleiner dele verdeel word om dit beter te verstaan.
- ’n Woord is ’n taalelement wat óf nie interne morfologiese struktuur het nie, met ander woorde dit kan nie in kleiner betekenisvolle dele verdeel word nie (dit is ’n simpleks, bv. tas) óf dit is ’n taalelement wat wel in kleiner betekenisvolle dele verdeel kan word (dit is ’n kompleks, bv. slaap + kamer).
- Dit is ’n simboliese eenheid wat daarop dui dat dit vorm het (ons kan dit skriftelik voorstel, hetsy met die Romeinse alfabet of met fonetiese simbole, bv. kind foneties voorgestel as [kənt]), én betekenis.
- ’n Woord is groter as ’n klank (bv. [a]) of ’n sillabe (bv. slaap.ka.mer) en kleiner as ’n frase (bv. die mooi slaapkamer).
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Verskillende woorde toon ooreenkomste met mekaar. Hierdie ooreenkomste kan op betekenisvlak, morfologiese vlak of ten opsigte van die sintaktiese posisie daarvan waargeneem word.[2] Die woorde "speel", "hardloop" en "sing" word saamgegroepeer omdat hulle (i) op betekenisvlak verwys na ’n handeling wat deur mense uitgevoer word, (ii) op morfologiese of vormvlak die voorvoegsel ge- in die verlede tyd neem en (iii) wat hulle sintaktiese posisie betref, in die tweede posisie van ’n sin geskryf word indien stelsin geskryf word (bv. Jannie speel met die bal), of in eerste posisie van die sin voorkom wanneer ’n vraagsin geskryf word (bv. Speel Jannie met die bal?).
Woorde wat die voorgenoemde ooreenkomste toon, word in kategorieë saamgegroepeer waarvan woordsoort die bekendste van hierdie kategorieë is. In hierdie Wikiblad is die ondersoekfokus voegwoorde as woordsoortkategorie.