Die verhaal van Racheltjie de Beer (rolprent)
2019 Afrikaanse rolprent / From Wikipedia, the free encyclopedia
Racheltjie de Beer is 'n Afrikaanse rolprent wat op 18 Oktober 2019 vrygestel word. Die regisseur is Matthys Boshoff en die Vervaardiger Johan Kruger. Die draaiboek is geskryf deur Brett Michael Innes en Matthys Boshoff. Die rolprent is die eerste keer tydens die Silwerskermfees te Kampsbaai vertoon. Stian Bam, wat die rol van Racheltjie se vader (Herman de Beer) speel, is met 'n Silwerskermtoekenning vir sy treffende vertolking vereer.[1] Chantel Carter het ook met 'n Silwerskermtoekenning weggestap vir beste produksie-ontwerp vir Die Verhaal van Racheltjie de Beer.
Hierdie artikel moet bygewerk word. |
Kitsfeite Regisseur, Vervaardiger ...
Die Verhaal van Racheltjie de Beer | |
---|---|
Regisseur | Matthys Boshoff |
Vervaardiger | Johan Kruger |
Draaiboek | Brett Michael Innes en Matthys Boshoff |
Musiek deur | Chris Letcher |
Kinematografie | Willie Nel |
Redigeerder | Warwick Allen |
Ateljee | Brittle Star Pictures |
Verspreider | Indigenous Film Distribution |
Uitgereik | 18 Oktober 2019 |
Speeltyd | 96 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans, Engels |
Sluit
Die rolprent is vervaardig in die Oos-Vrystaat (Fouriesburg gebied).