Etienne van Heerden
Suid-Afrikaanse skrywer / From Wikipedia, the free encyclopedia
Etienne Roché van Heerden is 'n Suid-Afrikaanse skrywer. Hy is op 3 Desember 1954 in Johannesburg gebore as die seun van Gerrie, 'n Afrikaanse skaapboer, en Doreen, 'n Engelssprekende wiskundeonderwyseres. Hy het grootgeword op twee plase (waarvan een geleë is teen die berg gelyknamig aan sy roman Toorberg in die distrik Graaff-Reinet). Ná die dood van sy vader het die gesin na Stellenbosch verhuis waar Van Heerden aan die Paul Roos Gimnasium gematrikuleer het. Ná 'n jaar in die Suid-Afrikaanse Vloot het hy aan die Universiteit van Stellenbosch (waar hy ook lid is van D.J. Opperman se Letterkundige Laboratorium) studeer en hy die grade B.A. (Regte), LL.B. en honneurs (cum laude) in Afrikaans en Nederlands behaal het. Hy het ook 'n meestersgraad aan die Universiteit van die Witwatersrand en 'n Ph.D. aan die Rhodes-universiteit behaal.
Etienne van Heerden | |
---|---|
Gebore | Etienne Roché van Heerden 3 Desember 1954 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer |
Bekend vir | Romans, gedigte |
Eggenoot | Kaia |
Ouer(s) | Gerrie en Doreen |
Webwerf | http://www.etiennevanheerden.co.za |