Galalith
From Wikipedia, the free encyclopedia
Galalith (Erinoid in die Verenigde Koninkryk) is 'n sintetiese plastiek wat vervaardig word deur die interaksie van kaseïen en formaldehied. Die kommersiële naam is afgelei van die Griekse woorde gala (melk) en lithos (klip). Dit is reukloos, onoplosbaar in water, bio-afbreekbaar, nie-allergenies, antistaties en feitlik onbrandbaar. Dit is in verskeie lande onder ander name vervaardig, soos bv. aladdinite (in die VSA), Casolith (in Nederland) en lactoloid (in Japan).[1]
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |