Georges Cziffra
From Wikipedia, the free encyclopedia
György Cziffra (in Hongaarse vorm: Cziffra György, ook bekend as Georges Cziffra en George Cziffra; 5 November 1921 - 15 Januarie 1994), was 'n Hongaarse virtuoos pianis en komponis. Hy word beskou as een van die grootste pianiste van alle tye. Sy leermeesters was onder andere István Thomán, wat 'n gunsteling leerling van Franz Liszt was.[1]
Kitsfeite György Cziffra, Agtergrondinligting ...
György Cziffra | |
---|---|
Cziffra in 1962 | |
Agtergrondinligting | |
Gebore | (1921-11-05)5 November 1921 Boedapest, Hongarye |
Sterf | 15 Januarie 1994 (op 72) Senlis, Oise, Frankryk |
Genres | Klassiek, Jazz |
Beroep(e) | Pianis, komponis, rangskikker |
Instrumente | Klavier |
Sluit
Hy het in 1968 'n Franse burger geword. Cziffra is bekend vir sy opnames van die werke van Franz Liszt, Frédéric Chopin en Robert Schumann, en ook vir die tegnies veeleisende rangskikkings van verskeie orkestrale werke vir die klavier; soos onder andere Nikolai Rimski-Korsakof se Vlug van die Hommelby en Johann Strauss Jnr se Die Blou Donau.[1]