Georgius Gerardus Ohrig
From Wikipedia, the free encyclopedia
Georgius Gerardus Ohrig (29 Augustus 1806, Amsterdam – 20 Junie 1852) was 'n Nederlandse handelaar van die handelshuis Klijn en Co. uit Amsterdam wat die Voortrekkers goedgesind was en verskeie pogings aangewend het om handelsbetrekkinge tussen Nederland en die Trekkers aan te knoop.[1][2]
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Georgius Gerardus Ohrig | |
---|---|
Gebore | 29 Augustus 1806 |
Sterf | 20 Junie 1852 (op 45) |
Nasionaliteit | Nederland |
Beroep | Handelaar |
Bekend vir | Handelsbetrekkinge tussen Nederland en die Voortrekkers |
Sluit
In Maart 1842 kom hy saam met Johan Arnold Smellekamp met 'n skoener in Port Natal waarna Smellekamp na Pietermaritzburg reis om met die Volksraad van Natalia te ontmoet. Dit lei tot 'n mislukte poging om die Natalia Republiek as 'n kolonie aan die Nederlandse Koning aan te bied.[3]
Ohrigstad, oorspronklik Andries-Ohrigstad wat in Junie 1845 deur Hendrik Potgieter gestig is, is na Ohrig vernoem.[2][4]