Gerrie Pretorius

Suid-Afrikaanse sanger en toergids From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Gerrie Pretorius is 'n Afrikaanse sanger, reisbestuurder en aanbieder van die reisprogram Leef Jou Reis op kykNET. Hy begin sy sangloopbaan in 2001 met die vrystelling van Annemarie My Skat, wat ook sy eerste platinumalbum was. Hy het daarna verskeie ander albums uitgereik, waarvan heelwat platinumstatus bereik het. Van sy treffers sluit in Annemarie My Skat, Adio Amore en Sewe Sondes.

Kitsfeite Gebore, Genres ...

Pretorius reik in 2007 'n album getiteld Ek sing vir jou Bles ter nagedagtenis van Bles Bridges uit. In Maart 2008 het hy saam met Dana Winner deur Suid-Afrika gereis as deel van haar Platinum World Tour.

Pretorius het al verskeie kere in Nederland opgetree en ook 'n CD in die Lae Lande uitgegee waarin hy 'n duet saam met Anny Schilder, 'n voormalige sangeres van BZN, sing.[1]

Remove ads

Diskografie

  • Annemarie (2001) (Maroela Musiek) (Platinum)
  • Hei Jy (2003) (Maroela Musiek) (Platinum)
  • Adio Amoré (2005) (Maroela Musiek) (Platinum)
  • Gerrie Pretorius in Konsert (2005) (DVD) (Platinum)
  • Swing 2006 (Maroela Musiek) (Platinum)
  • Ek sing vir jou Bles (2007) (Maroela Musiek) (Platinum)
  • Ek sing vir jou Bles (2007) (DVD) (Maranatha) (Platinum)
  • Gerrie Pretorius Live (2007) (Maroela Musiek) (CD)
  • Vriende vir Altyd (2008) (Maroela Musiek) (Goud)
  • Alles Pas (2009) (Maroela Musiek) (Goud)
  • My Storie (2009) (DVD)
  • Vriende vir Altyd / Swing / Ek sing vir jou Bles (2009) (3 CD) (Maroela Musiek)
  • Gister en Vandag (2011)
  • Jou Hart Is Weer Myne (2019) (Coleske Artists)
  • Musiek en Woorde / My Storie (DVD) (Vonk Musiek)
  • Met Liefde (Sony/BMG)
  • Annemarie / Hei Jy / Bonus CD (3 CD) (Maroela Musiek)
  • Loslappie CDs
Remove ads

Filmografie

Sien ook

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads