Gesinsdag
Maandag ná Paasfees / From Wikipedia, the free encyclopedia
Gesinsdag is die Maandag ná Paasfees. Die dag staan ook as Paasmaandag of Tweede Paasdag bekend en word algemeen in Christelike lande as 'n openbare vakansiedag waargeneem. Nes Welwillendheidsdag (Kersfees) en Pinkstermaandag vorm Gesinsdag die tweede dag van een van die Christendom se belangrikste feeste.
Gesinsdag word onder andere in die lande Andorra,[1] Australië,[2] België, Denemarke, Duitsland, Finland, Frankryk, Hongarye, Italië, Ierland, dele van Kanada,[3] Kroasië, Letland, Liechtenstein, Luxemburg, Monaco,[4] Nieu-Seeland,[5] Nederland, Noorweë, Oostenryk, Pole, San Marino,[6] Swede, dele van Switserland, Slowenië, dele van Spanje (behalwe vir Andalusië), Suid-Afrika, Tsjeggië, die Verenigde Koninkryk, Ysland en ander lande van die Britse Statebond as 'n openbare vakansiedag waargeneem.