Haïtiaanse Kreools
From Wikipedia, the free encyclopedia
Haïtiaanse Kreools (Kreyòl ayisyen of kort kreyòl,[3][4] [kɣejɔl]) is 'n Kreools wat deur sowat 7,7 miljoen mense in Haïti op die Karibiese eiland Hispaniola en 'n verdere 2 miljoen wêreldwyd gepraat word.[5] Dit baseer op Frans en is die mees verspreide Kreools.[6] Haïtiaanse Kreools vorm saam met Frans die amptelike tale van Haïti. Sowat 95% van dié land se bevolking praat Haïtiaanse Kreools en 5% Frans.[7][8] Haïtiaanse Kreools is grootliks op die 18de-eeuse Frans gebaseer met invloede uit Portugees, Spaans, Taino en Wes-Afrikaanse tale soos die Niger-Kongo-tale Wolof, Ewe en Fon.[9] Haïtiaanse Kreools het 'n laer sosiale status as Frans.[10]
Kitsfeite Haïtiaanse Kreools kreyòl, Amptelike status ...
Haïtiaanse Kreools kreyòl | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [kɣejɔl] | |
Gepraat in: | Haïti | |
Gebied: | Karibiese See | |
Totale sprekers: | 7,7 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Kreools Frans Haïtiaanse Kreools | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Haïti | |
Gereguleer deur: | Akademi Kreyòl Ayisyen (Haïtiaanse Kreools-akademie)[2] | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ht | |
ISO 639-2: | hat | |
ISO 639-3: | hat | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Sluit