Henning Pieterse
From Wikipedia, the free encyclopedia
Henning J. Pieterse (8 Augustus 1960, Wageningen, Nederland - )[1] is 'n Afrikaanse skrywer en digter. Hy woon skool by in Stellenbosch en Pretoria. Nadat hy gematrikuleer het studeer hy aan die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA). Hy verwerf die graad (DLitt et Phil 1995) by laasgenoemde. Daarna was hy assosiaat-professor vir Afrikaans en Nederlands by UNISA. Hy is tans die Hoof van die Eenheid vir Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria. Hy was van 1993 tot 2002 die hoofredakteur van Tydskrif vir Letterkunde. Saam met Louis Esterhuizen stig hulle Die Bekbrekers. Hy het ook deelgeneem aan Poetry International in Rotterdam (2001) en Dichters in het Elzenveld in Antwerpen (2001).
Henning Pieterse | |
---|---|
Gebore | Henning J. Pieterse 8 Augustus 1960 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer, digter |
Hy wen die Eugene Maraisprys in 1990 en die Ingrid Jonkerprys in 1991 met Alruin en die Hertzogprys in 2002[2] vir Die burg van hertog Bloubaard. Hy kry ook 'n Nedbank-Akademieprys vir Vertaalde Werk-toekenning in 2008 vir Rainer Maria Rilke: Duino-Elegie.[3]