Indiane
volke inheems aan die Westelike Halfrond / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Indiane vorm die inheemse bevolking van die Amerikas, met uitsondering van die Inuïete en die Aleoete, wat voor Christophorus Columbus se ontdekking van die Amerikas die vasteland bevolk het. Die stamvaders het die Amerikas in die vroeë geskiedenis deur die Beringlandbrug vanaf Asië bereik en daar gevestig; gevolg deur 'n verskeidenheid aan kulture en tale.
Indiane | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 60,5 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Meksiko 25,7 miljoen[1] Peru 13,8 miljoen[2] |
Taal: | Inheemse tale van die Amerikas, Engels, Spaans, Portugees, Frans, Deens, Nederlands |
Geloofsoortuiging: | Inheemse Amerikaanse godsdienste, Christendom |
Verwante etniese groepe: | Etniese groepe soos Apiacá, Arapaho, Awá, Asteke, Aymara, Cahokia, Cherokee, Cheyenne, Choctaw, Comanche, Cree, Guaraní, Inka, Korubo, Maja, Mapuche, Mixteke, Nahua, Navajo, Olmeke, Quechua, Tlaxcalteke, Tolteke en Zapoteke |
Omdat die benaming Indiane deur die Europese koloniste ingevoer is, word dit nie deur die inheemse mense van die Amerikas gebruik nie en hulle het ook nie 'n eie versamelnaam nie. Die inheemse volke in Kanada word Eerste Nasies (Engels: First Nations, Frans: Premières nations) genoem en in die Verenigde State Inheemse Amerikansers (Native Americans). Soortgelyke terme is ook in die Portugees- en Spaanstalige lande van Latyns-Amerika gebruiklik.
Indiane vorm geen eenvormige etniese groep nie; die term sluit in nomadiese jagter-versamelaars soos die Prairie-Indiane, sedentêre landbouers en ook ryksstigtende volke soos Asteke, Inka en Maja.