Indonesië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Indonesië (Indonesies: Indonesia, [ɪndonesia]), amptelik die Republiek Indonesië (Republik Indonesia, [rɛpublik ɪndonesia]), is 'n eilandnasie in Suidoos-Asië, wat uit 17 508 eilande bestaan.[6] Indonesië is die grootste eilandnasie ter wêreld en met meer as 270 miljoen inwoners die land met die meeste Moslems. Die hoofstad en grootste stad is Djakarta en Indonesië grens aan Maleisië, Oos-Timor en Papoea-Nieu-Guinee.
Kitsfeite
| |||||
Nasionale leuse: Bhinneka Tunggal Ika (Oud-Javaans vir: "Eenheid in Diversiteit") | |||||
Volkslied: Indonesia Raya (Indonesies vir: "Groot-Indonesië") | |||||
Hoofstad | Djakarta | ||||
Grootste stad | Djakarta | ||||
Amptelike tale | Indonesies | ||||
Regering | Unitêre presidensiële grondwetlike republiek Joko Widodo Ma'ruf Amin | ||||
Onafhanklikheid Vorming • Hindoe-Boeddhistiese ryke • Islamitiese sultanate • VOC • Nederlands-Oos-Indië • Japannese besetting • Onafhanklikheid verklaar • Onafhanklikheid erken |
van Nederland 2de eeu 13de eeu 20 Maart 1602 1 Januarie 1800 9 Maart 1942 17 Augustus 1945 27 Desember 1949 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
1 904 569[1] km2 (14de) 735 358 myl2 4,85 | ||||
Bevolking - 2020-sensus - Digtheid |
270 203 917[2] 141 / km2 (88ste) 365,2 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,705[4] (114de) – hoog | ||||
Gini (2016) | 38,2[5] – medium | ||||
Geldeenheid | Rupiah (Rp) (IDR ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
verskeie (UTC+7 tot +9) nie toegepas nie (UTC+7 tot +9) | ||||
Internet-TLD | .id | ||||
Skakelkode | +62 |
Sluit
Indonesië het in 1949 ná 350 jaar van Nederlandse besetting sy onafhanklikheid gekry. Die naam van dié land is afgelei van die Griekse woorde Indós vir Indië en nèsos vir eiland, en beteken "Eilandindië".[7]