Internasionale Monetêre Fonds
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF; Engels: International Monetary Fund, IMF; Frans: Fonds monétaire international, FMI; Spaans: Fondo Monetario Internacional, FMI) is 'n internasionale organisasie met sy hoofkantoor in Washington, D.C., Verenigde State, wat met die bevordering van internasionale samewerking in monetêre beleid, die uitbreiding van wêreldhandel, die stabilisering van wisselkoerse, skuld, toesig van monetêre beleid en tegniese bystand besig is.
Die Internasionale Monetêre Fonds is in 1944 saam met sy susterorganisasie, die Wêreldbank, gestig. Die amptelike tale is Engels, Frans en Spaans.
Die IMF het tans 188 lidlande met stemreg wat gebaseer is op aandelekapitaal van die lidland. Die lidlande met die grootste stemaandele is: Verenigde State 16,74 %, Japan 6,01 %, Duitsland 5,87 %, Frankryk 4,85 %, Verenigde Koninkryk 4,85 % en die Volksrepubliek China 3,65 %. Aangesien besluite van die IMF met 'n meerderheid van 85 % goedgekeur moet word, beskik slegs die VSA en die lidlande van die Europese Unie saam oor 'n de facto blokkerende minderheid.[1]