Izak Davel
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Izak Davel (gebore op 1 Julie 1983) is 'n Suid-Afrikaanse akteur, sanger, danser en model. Hy het bekendheid verwerf in Egoli waar hy die rol van "Scab" vertolk het.[1] Sy debuutalbum, Ken Jy My, is in 2009 uitgereik.[2]
Remove ads
Biografie
Davel voltooi matriek in 2001 aan die Lady Grey Kunste-Akademie waarna hy dans by die Tshwane-Universiteit van Tegnologie studeer en sy studies in 2004 voltooi. In 2006 begin hy in M-Net se sepie Egoli speel waar hy die rol van Louwna se seun Scab vertolk.[3] In 2010 was hy in die TV-reeks Survivor South Africa: Santa Carolina.[4] Hy is getroud met Mericke.[5] Sy pa is die predikant van die NG gemeente Molteno (in kombinasie met die NG gemeente Sterkstroom) en sy ma is 'n musiekonderwyseres aan die hoërskool op Burgersdorp.
Remove ads
Diskografie
- Ken Jy My?, 2008 RAMKAT MUSIEK
- Verlore Harte, Universal, 2009
- Vreesloos, EMI, 2011
- Jy's my lewe
Filmografie
- Egoli, as Scab
- Uncle Max (TV-reeks), 2006
- Survivor South Africa: Santa Carolina, 2010
- Isidingo, as Bradley Haines
- Getroud met Rugby: Die Onvertelde Storie, 2011 as Reghart Venter
- Platteland, 2011 as Francois de Klerk
- Hoofmeisie, 2011 as homself
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads