Jaco du Plessis
Afrikaanse sanger / From Wikipedia, the free encyclopedia
Jaco du Plessis of Jay soos hy bekend staan, is 'n Afrikaanse sanger. Hy is op 11 September 1977 gebore in Sasolburg en het gematrikuleer aan Hoërskool Aliwal-Noord. Na skool het hy by die lugmag aangesluit en was ook deel van die Kannaries-sanggroep. Hierna het hy musiekteater betree en was in verskeie verhoogproduksies betrokke. Hy en sy vrou het vier seuns, Aiden, Samuel, Luka en Jamie.
Jay | |
---|---|
Geboortenaam | Jan Jacobus Johannes du Plessis[1] |
Ook bekend as | Jay |
Gebore | 11 September 1977 (1977-09-11) (46 jaar oud) Sasolburg, Suid-Afrika |
Beroep(e) | Sanger |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 1999 - nou |
Etikette | Coleske Artists |
Assosiasies | Eden |
Webwerf | www |
In 2001 wen hy die ATKV Crescendo-kompetisie saam met Joe Niemand. Die album wat hieruit volg is vir twee GMT-toekennings benoem, waarvan hulle die toekenning vir Beste Pop Album ontvang het. Hy was ook deel van die seun-sanggroep Eden gewees, waarna hy 'n solo sangloopbaan begin het. Sy debuut soloalbum, SOLO, het reeds platinumstatus verbygesteek en is bekroon met twee Huisgenoot Tempo-toekennings: Beste Pop Album en Liedjie van die Jaar vir Melanie asook twee SAMA-nominasies.[2]