Joe Niemand
From Wikipedia, the free encyclopedia
Joe Niemand is 'n Suid-Afrikaanse, Christelike sanger en komponis van onder andere Christelike liedere. Hy het in die Oos-Kaap grootgeword en sy eerste lied geskryf op die ouderdom van 17. Sy albums Reborn en This is War was albei genomineer vir SAMA toekennings. In 2015 het sy album Back Again, 'n SAMA gewen vir Beste Volwasse Kontemporêre Album.[1] Hy het reeds 10 albums vrygestel, een saam met Jaco du Plessis, waarvan "Ek Sal Nie Bang Wees Nie" een van die bekendste is. Hy het al liedjies vir films soos Hansie, Slash en Faith Like Potatoes geskryf.[2] Joe Niemand het ook al vir sangers soos Dozi en Steve Hofmeyr liedere geskryf. [3]
Kitsfeite Agtergrondinligting, Geboortenaam ...
Joe Niemand | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Joe Niemand |
Oorsprong | Suid-Afrika |
Genres | Christelik, rock |
Beroep(e) | Sanger, komponis, akteur |
Etikette | NoMansLand |
Webwerf | niemand.co.za |
Sluit
In 2001 wen hy die ATKV se Crescendo-kompetisie saam met Jaco du Plessis.