Jo Black
Afrikaanse sanger / From Wikipedia, the free encyclopedia
Jo Black (gebore Januarie 1982) is 'n Afrikaanse sanger van Pretoria.[2] Jo het in Pretoria-Noord grootgeword en na skool in die konstruksiebedryf begin werk. Daarna begin hy sy eie inisiatief met die naam Be That Guy / Be That Girl, 'n beweging wat kinders help bou aan 'n positiewe houding, waarna hy sy musiekloopbaan begin.[3]
Kitsfeite Geboortenaam, Gebore ...
Jo Black | |
---|---|
Geboortenaam | Jo Usher Engelbrecht[1] |
Gebore | Januarie 1982 |
Oorsprong | Suid-Afrika |
Genres | Afrikaanse pop |
Beroep(e) | Sanger |
Instrumente | Stem, kitaar |
Jare aktief | 2016 - nou |
Etikette | Inhoud Huis, Flagship Productions |
Sluit
Sy eerste enkelsnit Skepe word in Desember 2016 op YouTube vrygestel en bereik binne die eerste 5 maande 1 022 000 YouTube trefslae. Sy debuutalbum Skepe is op 31 Maart 2017 vrygestel.[4]