Afrikaanse joernalis en musikant From Wikipedia, the free encyclopedia
Johannes Kerkorrel (27 Maart 1960 – 12 November 2002) was 'n Afrikaanse joernalis en musikant. Sy regte naam was Ralph John Rabie.[1][2]
Johannes Kerkorrel | |
---|---|
Geboortenaam | Ralph John Rabie |
Ook bekend as | Johannes Kerkorrel |
Gebore | 27 Maart 1960 Johannesburg |
Sterf | 12 November 2002 (op 42) Kleinmond |
Genres | Afrikaanse Rock |
Beroep(e) | Sanger, liedjieskrywer, dramaturg, joernalis |
Instrumente | Klawerbord, stem |
Jare aktief | 1986–2002 |
Etikette | Shifty Records, One World Entertainment, Talisman |
Rabie is in Johannesburg gebore en was 'n joernalis by die Afrikaanse weekblad, Rapport. In 1986 begin hy liedjies met 'n politiese tema tydens kunsfeeste (onder die verhoognaam Kerkorrel) te sing. Sommige van hierdie liedjies was teen die destydse regering, en in besonder, teen staatspresident P.W. Botha gemik. Hy word in 1987 afgedank omdat hy aanhalings uit Botha se toesprake in sy musiek gebruik het.
Ná sy afdanking word Rabie 'n voltydse musikant onder die verhoognaam Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band. Hulle musiek is destyds as Alternatiewe Afrikaans beskryf.
In 1989 stel hulle die album, Eet kreef, vry. Die album was 'n kommersiële sukses, ten spyte daarvan dat die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie geweier het om van die snitte uit te saai. Hulle daaropvolgende toer is Voëlvry genoem, wat aanleiding tot die sogenaamde Voëlvry-beweging gegee het.
Rabie besoek Amsterdam in 1990. Byna terselfdertyd word die snit Hillbrow op sy Eet kreef-album 'n treffer in België, waarna Rabie sy sukses met 'n solo-toer opvolg. In 1991 geniet hy aansienlike sukses in België en Nederland. Hier raak hy met die Nederlandse sanger Stef Bos bevriend, met wie hy 'n aantal konserte saam opgevoer het.
Op 12 November 2002 hang Rabie homself in Kleinmond, naby Hermanus aan die Wes-Kaapse kus. Hy is deur sy homoseksuele lewensmaat, sy geskeide vrou en 'n seun oorleef.[3][4][5][6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.