John George Children
From Wikipedia, the free encyclopedia
John George Children (18 Mei 1777 – 1 Januarie 1852) was 'n Britse chemikus, meteoroloog en geoloog.[1]
Kitsfeite Gebore, Oorlede ...
John George Children | |
Portret van John George Children in 1826 | |
Gebore | (1777-05-18)18 Mei 1777 Ferox Hall, Tunbridge, Kent |
---|---|
Oorlede | 1 Januarie 1852 (op 74) Halstead, Kent |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Vakgebied | Chemie, meteorologie en geologie |
Instelling(s) | Britse Museum |
Alma mater | Queens' College, Cambridge |
Toekennings | Royal Institution Medal (1828) |
Sluit
In 1813 bou Children 'n groot galvaniese battery. Dit het bestaan uit 20 groot plat selle, elk 2 duim breed, gevul met verdunde suur. Pare van sink- en koperplate, 6 voet lank en 2 voet 8 duim breed, was in elke sel laat sak. Die selle was in serie verbind deur loodbande en lengtes van loodpype aan elke kant van die battery het gedien as geleiers.[2]
Later in die lewe word Children 'n dierkundige en geoloog, asook die sekretaris van die Royal Society.[3] Die seldsame mineraal Childrenite en 'n Australiese slang, Children's Python is na hom vernoem.[1]