Jolette

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Jolette is die verhoognaam van Jolette Odendaal, 'n Afrikaanse sangeres en aktrise.

Kitsfeite Nasionaliteit, Beroep(e) ...

Odendaal begin haar musiekloopbaan as lid van die a cappella-koor Cutt Glas, maar tree in 2005 uit om op haar sololoopbaan te konsentreer. Haar debuutalbum, genaamd Jolette, is in 2006 vrygestel.

Sy matrikuleer in 1993 aan die Hoërskool Pro-Arte en wen dieselfde jaar die Dalro Nasionale Toneelspel-kompetisie en word as die Crescendo-wenner in die kategorie dames vokaal aangewys. In 1997 voltooi sy haar BA Drama-graad aan die Universiteit van Pretoria en in 1997 behaal sy haar honneursgraad.[1][2]

Remove ads

Diskografie

Jolette se albums:

  • In Kamers, saam met Mauritz Lotz, 2009 SPITFIRE
  • Jolette, 2006 BOWLINE

Teater

Van die teaterproduksies waarin Jolette gespeel het:

  • "Aspoestertjie", onder regie van Pierre van Pletzen.
  • "Trek Uit" met Wikus du Toit
  • "Brolloks en Bittergal" onder regie van Hannes Muller en Lizz Meiring.
  • "Big Band Blast" saam met Ian von Memerty, Harry Sideropoulos en Ilse Klink.
  • "JillJol" geskryf deur Wikus du Toit onder regie van Sandra Prinsloo.
  • "Hartedief" deur Jeanne Goosen onder regie van Lizz Meiring.
  • "Pols" met Henrietta Gryffenberg.
  • "Imbumba" met Anna-Mart van der Merwe en Gys de Villiers.
  • "Houtkruis"
  • "Op die vrou af"
Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads