Kleurlading
From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Kleurlading in teoretiese fisika is ’n eienskap van kwarke en gluone wat verband hou met die deeltjies se sterk wisselwerkings in die teorie van kwantum-chromodinamika (KCD). Daar is geen verband tussen die "kleur" van kwarke en gluone en kleure wat die oog waarneem nie.[1] Dit is eerder ’n gerieflike (en ietwat onvanpaste) naam vir ’n eienskap wat feitlik glad nie voorkom op afstande groter as die grootte van ’n atoomkern nie.