Koninkryk Iberië
antieke Georgiese koninkryk in die Kaukasus / From Wikipedia, the free encyclopedia
Iberië (Grieks: Ἰβηρία; Georgies: იბერია) was ’n koninkryk in die Suid-Kaukasus wat geleë was op die plek van die huidige Georgië. Dit was in Georgies ook bekend as Kartli (ქართლი), na aanleiding van sy belangrikste provinsie. Tydens die Antieke tyd en die Middeleeue was dit ’n belangrike staat in die Kaukasus, óf as ’n onafhanklike staat óf as deelstaat van groter ryke soos die Romeinse Ryk en Persië.[1] Sy inwoners het die kern van die Georgiërs gevorm en die staat, tesame met Kolchis in die weste, het die Middeleeuse Koninkryk van Georgië gevorm.[2][3]
Die term "Kaukasiese Iberië" word soms gebruik om die land te onderskei van die Iberiese Skiereiland in Wes-Europa.